SA brandstofswartmark reeds miljarde werd

Petrol.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Verligting het gevolge vir staatsinkomste

Prof. Jannie Rossouw, ’n ekonoom en die voormalige hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool, sê die inkomste uit die Pad­ongelukfondsheffing (POF) word spesifiek vir dié fonds geoormerk.

Die algemene brandstofhef­fing word daarenteen nie vir ’n spesifieke doel eenkant gesit nie. Volgens Rossouw betaal die SAID dié geld aan die staat se Nasionale Inkomstefonds.

“Aanvanklik was die idee dat die brandstofheffing gebruik sou word vir vervoer- en padverwante doeleindes, maar dis nie tans die beleid van die Suid-Afrikaanse regering nie. Of hierdie geld spesifiek vir vervoer- en padverwante doel­eindes aangewend moet word, is iets waaroor debat gevoer kan word.

“Vir my het dit egter logies sin dat die brandstofheffing en ander vorme van belasting ­gebruik moet word vir die bestedingsprioriteite van die staat in die geheel.”

Wayne Duvenage, die uitvoe­rende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), waarsku dat die oplossing vir Suid-Afri­ka se brandstofkrisis nie bloot daarin lê om die POF-­heffing op petrol en diesel af te skaf nie. Volgens hom moet die fonds se bestuur en besteding eerder reggestel word voordat daar oor ’n nuwe manier van finansiering besluit word.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos