Dis nie net bomskok nie, dis ’n behoorlike petrolskok! Dis angswekkend om jou brandstoftenk vol te maak – en daar kom waarskynlik nog brandstofverhogings indien oliepryse bly styg. Hoekom is ons buurlande se brandstofpryse laer as ons s’n en hoekom vervaardig ons nie meer van ons eie brandstof nie? En wat doen organisasies soos die Padongelukkefonds met die geld wat hulle uit branstofheffings kry?
Ons politieke redakteur, Jana Marx, gesels met Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. Dit is dié stad se laaste kans. As kiesers nie nou die moed het om vir verandering te stem nie, sal dit te laat wees om die stad te red, sê sy.
Ons vra: Sal die herkategorisering van verskillende soorte moord – soos vrouemoord, plaasmoord en kindermoord – lei tot ’n afname in hierdie soort misdaad. Ilse Salzwedel het met kenners gesels.
Baie nuus kan in ’n week in die wêreld afspeel. Op een blad som ons die belangrikste plaaslike nuus op, en op ’n ander is dit die oorsese nuus wat ’n beurt kry.
Oudergewoonte kry jou skolesportfoto’s ’n volle bladsy tussen ons sportblaaie en word die belangrikste F1-, krieket- en sokkernuus gedeel. Lees ook meer oor die Europese Kampioene- en Uitdaagbeker en wat twee voormalige Springbok-kapteins oor die SA rugbyunies se vertonings in die Verenigde Rugbykampioenskap te sê het.
Spotprentkunstenaar Mynderd Vosloo loer weer by ’n sielkundige se kantoor in en ons deel ’n insiggewende profiel oor Ivan van Rooyen, suksesvolle afrigter van die Lions.
Lees ook die eerste skrywe van woordeboekman Willem Botha oor Latyn en leer wat ’n mokoro is.
Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
