hoelieha
(hoe-lie-ha) tw. (streektaal) (Suidwestelike Afr. → Kaaps)
Ook, streektaal, halieha. (sametrekking van haai, o alla)
Uitroep van verbasing, ontsteltenis, verontwaardiging, verwondering, of dergelike uit te druk: “Menu coming up, boss. Wat vanne bier innie meantime?” “Nei, daaikit ’n brandy en Coke.” “Hoelieha, iemand het baie geld” (M. Vandermerwe: Vrou, 2019, E). “Sybil, jy sal nie glo nie,” sê my ma … “Die security poliese was nou die aand weer hier. Amper die bleddie deur weer afgetrap soos laas” … “Hoelieha!” sê ant Sybil verbaas (B. Fredericks: Jou Oë Oop, 2022, 126).
