‘Nie vergesog dat ANC en DA saamwerk’
Dr. Ntsikelelo Breakfast, politieke ontleder verbonde aan die Nelson Mandela-universiteit, sê dit is nie vergesog dat die ANC en DA op munisipale vlak sal saamwerk nie.
“Ek verwag egter weerstand van die ANC op munisipale en provinsiale vlak teen samewerking met die DA, omdat die DA as ’n regse party beskou word,” sê Breakfast. Hy wys daarop dat die DA byvoorbeeld nie deel vorm van die huidige regering van provinsiale eenheid in Gauteng nie.
Sussman voeg by dat hy glad nie verwag dat DA-kiesers strategies vir die ANC sal stem om die EFF en MKP uit munisipale regerings te hou nie.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
