Met elke bewindsoorname het ministers vals verwagtinge geskep en onuitvoerbare beloftes gemaak.
Min het egter van hul beloftes gerealiseer, tot groot frustrasie van mense wat dáádwerklike verandering verwag het. Laat ons hoop dat die uitslag van die komende verkiesing ons verkeerd sal bewys. Voorvereistes, soos onder aangedui, is egter nie onderhandelbaar nie.
Individuele prestasie sal moet verbeter as bestuurders die gedrag wat krities is vir die verwagte rolle en uitsette van werknemers, ondersoek en identifiseer.
Die belangrike kwessies soos gedrag, vaardighede, houdings of waardes, wat ’n vereiste is, word gewoonlik geïgnoreer.
Die vrees vir individuele prestasiebestuur as ’n instrument vir straf, moet uitgeskakel word en teruggeplaas word in ’n meganisme wat bedoel is om te ondersteun en inligting te verskaf wat die individu help: Om toepaslike aksie te neem, en wat lei tot die uiteindelike doel om dienslewering te verbeter.
Instellings moet bestuurders in diens neem wat bekwaam is, ’n resultaatbestuur-ingesteldheid en ’n analitiese-leermodus toon, en wat voldoende leierservaring het.
Bestuur gaan alles daaroor om dinge reg te doen, terwyl leierskap daaroor gaan om die regte dinge te doen.
Werknemers kan take slegs suksesvol implementeer as hulle verstaan wat, hoekom, wanneer, wie en hoe aktiwiteite uitgevoer en gemonitor moet word.
- Dr. Richard Harding, Sinoville
Skryf aan Die Papier om deel te neem aan dié gesprek en vele ander:
Briewe moet die skrywer se naam, adres en kontaknommer bevat. Die Papier publiseer nie briewe wat reeds elders verskyn het nie.
