VSA het reeds lys van onwelkome SA amptenare

L. Brent Bozell III.

Amerika het reeds ’n lys Suid-Afrikaanse amptenare wat ingevolge Washington se nuwe visumbeper­kings toegang tot Amerika geweier kan word, het Leo Brent Bozell III, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, bevestig.

“Daar is ’n lys,” het Bozell Woensdag in ’n onderhoud met ­Die Papier gesê.

“Hulle weet wie hulle is . . . en hulle sal – wanneer hulle na Amerika wil kom – uitvind dat hulle nie welkom is nie.”

Hy sê Amerikaanse wetgewing verbied hom om name bekend te maak.

Marco Rubio, Amerika se minis­ter van buitelandse sake, het op 15 September visumbeperkings op Suid-Afrika aangekondig, wat die toegang van mense, wat volgens die VSA betrokke is by rasgebaseerde diskriminasie in die land, die aanhitsing van geweld teen minderheidsgroepe of wat grond sonder vergoeding onteien, beperk.

Hoe kom jy op die lys?

Volgens Bozell is dit op staats­amptenare gemik – “nie jou gewone mens nie” en op diegene wat volgens Washington “sistemies en sistematies” geweld teen minderheidsgroepe aanhits.

Bozell se bevestiging dat so ’n lys reeds bestaan, kom te midde van ’n veel breër stel Amerikaanse eise aan Pretoria, wat uit vyf eise oor binnelandse beleid en belegging én nog agt afsonderlike eise oor Suid-Afrika se buitelandse beleid bestaan.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos