Suid-Afrikaners is gefrustreerd met korrupte leiers en daarom gooi hulle kritiek uit alle oorde, meen prof. Amanda Gouws, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch.
Dit beteken egter nie dat jy soos Pemmy Majodina, die minister van water en sanitasie, moet terugvloek as ’n lid van die publiek verbale klippe begin gooi nie, sê Gouws.
Majodina het vandeesweek om verskoning gevra vir haar vloekwoorde ten tyde van ’n besoek aan die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap vroeg in September.
“Ek het in die hitte van die oomblik gereageer nadat ek aan onwelvoeglike taal blootgestel is. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid vir my optrede en betreur dit diep dat ek gereageer het deur dieselfde woorde wat aan my gerig is, te gebruik,” lui die verklaring.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op novanews.co.za/diepapier of by Magzter.
