VSA, SA se woorde-oorlog kring uit

Marco Rubio.
Marco Rubio. Foto: AFP.

Hy dink nie Amerika se visumbeperkings op Suid-Afrika is omdat pres. Donald Trump se administrasie soveel omgee vir minderheidsgroepe nie, sê dr. Jan Venter, ’n kenner van internasionale politiek.

Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het verlede Woensdag aangekondig dat Washington ’n nuwe visumbeleid instel wat die toegang beperk van mense wat volgens die VSA betrokke is by rasgebaseerde diskriminasie in Suid-Afrika, die aanhitsing van geweld teen minderheidsgroepe of grond sonder vergoeding onteien.

Die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika is al maande lank onstuimig.

Leo Brent Bozell, die Ameri­kaanse ambassadeur in Suid-­Afrika, het op X gesê die tyd vir “eindelose dialoog” is verby en die visumbeperkings is “slegs die eerste stap” in ’n “reeks eskalerende maatreëls”.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos