Kommer oor bewyse in verkragsake

Misdaad.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Altesame 9 782 verkragtingsake is tussen Januarie en Maart vanjaar landwyd aangemeld volgens die polisie se jongste misdaadsyfers.

Dit het die DA alarm laat maak dat daar moontlik ’n tekort aan verkragtingbewysstelle in die Wes-Kaap kan wees.

Hierdie stelle is van deur­slaggwende belang om suksesvolle vervolgings te verseker, veral aangesien slegs 4% van alle verkragtingsake tot skuldigbevindings lei, sê prof. Christiaan Bezuidenhout, ’n dosent in kriminologie aan die Universiteit Pretoria (UP).


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos