Die splinternuwe uitgawe van Die Papier is vandag al op die rakke en aanlyn beskikbaar


In dié propvol uitgawe van Die Papier berig ons oor die nuutste in die waterkrisis in Johannesburg en dat die DA “binne die volgende paar dae ’n aankondiging” sal maak oor regsaksie teen die Johannesburgse metroraad.

Maar Johannesburg is beslis nie die enigste munisipaliteit met ’n watervoorsieningsprobleem nie. Volgens die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, se jongste verslag, én ons lesers wyd en syd, is dit ’n landwye krisis.

Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. FOTO: Fani Mahuntsi, Gallo Images.

Ons kyk na die vier kandidate wat António Guterres, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), op kan volg en vind uit of die weermag se ontplooiing in die Wes-Kaap werklik bendegeweld hokslaan.

Goeie nuus! Die Kinderfonds se groot skenkingsprojek begin vandag. Deur ’n skenking aan Die Kinderfonds te maak, kan jy R200 000 of ’n splinternuwe Toyota Vitz wen.

Ilse Salzwedel se boekeblad is oudergewoonte weer stampvol heerlike boekenuus en Marlene van der Westhuizen laat ons monde water met haar vispastei-resep.

Pam se vispastei.
Pam se vispastei. FOTO: Johan Wilke.

Op die sakeblaaie skryf kenners oor die oorlog in die Midde-Ooste en onvoorsiene uitgawes, inflasie en prysskokke.

Jana Marx berig eerstehands uit Jerusalem en Jurie van der Walt skryf oor die komplekse ewewig rondom Benjamin Netanyahu.

En moenie van die sportblaaie vergeet nie: Hier skryf ons oor die naweek se F1 in Miami, die Wildeklawer-toernooi en vanjaar se Statebondspele.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier.

LEES OOK: Die nuwe Afrikaanse weekblad Die Papier se eerste uitgawe verskyn Vrydag 6 Maart

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article