Vreemd . . . en normaal? Die Papier het by tálle kenners gaan aanklop oor die woeste weerverskynsels wat hierdie week wyd en syd oor Suid-Afrika uitgespeel het.
Ons bring vir jou die nuutste oor die uiters dodelike hantavirus en skryf oor Rusland wat in vrede wil fuif wanneer hulle met hul 9 Mei-parade die einde van die Tweede Wêreldoorlog vier.

Die debat het begin: Moet die lys van name van seksoortreders bekendgemaak word vir die gemeenskap, of eerder vertroulik gehou word?
Ons gesels met komediant Schalk Bezuidenhout al die pad uit Australië en loer in by gewilde pianis Charl du Plessis.
Ons bring ook vir jou meer nuus oor Nampo, wat Dinsdag 12 Mei afskop en ekonoom John Loos skryf oor die moontlikheid dat SA se rentekoers weer kan styg.
Hennie Koortzen en internetpersoonlikheid Oom Rugby skryf oor die Junior Bokke se superseges in die o. 20-Rugbykampioenskap en ons berig oor die Bellville Velodrome se toekoms . . . gaan fietsspeke nou vir bokshandskoene verruil word?

In Dink skryf Jana Marx oor Libanon en Hezbollah ná haar onlangse reis na Israel en die Wesoewer en ons profiel is met ons eie spotprentkunstenaar, Mynderd Vosloo.
Die perfekte wintermaal begin met ’n bakkie sop, meen sjef Marlene van der Westhuizen. En haar resep vir Franse uiesop word heel gepas nou gedeel ná die koue en nat week wat Suid-Afrika beleef het.
Verdiep jou in dié stories en nog vele meer wanneer jy die nuutste uitgawe van Die Papier op jou warm rusbank lees.
- Die nuwe uitgawe van Die Papier, is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.







You must be logged in to post a comment.