Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die nuutste uitgawe van Die Papier is nou te koop.
Lees in die jongste uitgawe van Die Papier oor die Bokke se rugbyseisoen wat more afskop teen Engeland.

Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die nuutste uitgawe van Die Papier is nou te koop.
Lees in die jongste uitgawe van Die Papier oor die Bokke se rugbyseisoen wat more afskop teen Engeland.

Welkom Henry Pollock, die Bokke wag vir jou! Ja, hierdie naweek skop die amptelike Bok-seisoen met ’n Nasieskampioenskap-toets teen Engeland af. Lees meer oor dié wedstryd, die Bok-vroue én die opkomende Cravenweek-rugby wat binnekort begin.

Die kabinetaanstelling van Dina Pule, wat bevindings van onetiese gedrag op haar rekord het, het ’n hele paar oë laat rek. Die Papier stel ondersoek in om uit te vind wie al die rolspelers in dié besluit was.

Hoewel die meeste betogings teen ongedokumenteerde buitelanders deur die polisie en private veiligheidsektor onder bedwang gehou is, blyk dit nog nie die einde te wees nie. March and March-leier, Jacinta Ngobese-Zuma, sê dan self hulle wil ‘elke enkele Donderdag betoog’.

Ons kyk ook na die nuutste nuus oor die oorlog tussen Oekraïne en Rusland, die Madlanga-kommissie en Johannesburg se skuld wat nóg meer ophoop.

Ons loer ook in by internetgrapjasse Janey en Waney, modeontwerper Simon Rademan en Frans de Villiers, wat besig is met die laaste afrondingswerk aan sy boek, Die geskiedenis van braaibroodjies.

Van kos gepraat . . . Ons deel drie resepte vir smullekker-lekkernye vir die jongspan, net betyds vir die skoolvakansie.

En lees leser Hardus Mynhardt se opvolg oor sy kleintyd-avonture op ’n stoomtrein soos hulle elke jaar met sy pa, ’n spoorwegman, se vrypas van Pretoria na Hartenbos met vakansie was.

Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier.

LEES OOK: Die eerste uitgawe van die nuwe Afrikaanse weekblad, Die Papier, verskyn môre

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article