
Martie du Plessis-skool in Bloemfontein kom uitstal vir die Vrystaatse Veteraanmotorklub se Cars in the Park. Naudé vertel hy het jare gelede, toe hy hog in die polisie in Bloemfontein was, só ‘n Chevrolet-bakkie as diensmotor gehad en homself beloof dat hy ook eendag so ‘n bakkie sou besit. Sowat vier jaar gelede het hy hierdie blou Chev gekoop en intussen ‘n paar luukshede soos kragstuur en lugversorger aangebring. Hy sê dit is beslis nie ‘n bakkie wat net in die motorhuis staan nie – hy geniet dit om met die Chev rond te ry. FOTO’S: Lientjie Mentz









You must be logged in to post a comment.