Die plaaslike gemeenskapsradiostasie Rosestad 100.6FM spog met ‘n splinternuwe ateljee.
Die radiostasie se algemene bestuurder, Bernie Naude, en die tegniese beampte, Armando Pieters, het die afgelope weke hard gewerk om Rosestad se ateljee in ‘n moderne, vars ruimte te verander.

Die span het die afgelope tyd uit ‘n tydelike ateljee uitgesaai terwyl die nuwe ruimte ingerig is.
Tydens ‘n viering van die nuut ingerigte ateljee Dinsdag 11 Augusts, het Bernie en sy span en almal wat daartoe bygedra het om die nuwe ateljee ‘n moontlikheid te maak bedank.


Trustees Roy Els en Wim Grobbelaar het die geleentheid saam met personeel en gaste gevier.
Bernie het die oorskakeling terug na die nuwe ateljee behartig terwyl dit Armando en Ilde Roos se voorreg was om 15:00 die eerste program Weeksdag Wegbreek uit die nuwe ateljee uit te saai.
Saam met die ateljee wat nou lig en modern is, is die wagkamer vir gaste wat kom kuier, ook nuut ingerig.
Rosestad sal van begin September ‘n splinternuwe programskedule aankondig sowel as ‘n aanbieder wat binnekort agter die mikrofoon inskuif.






You must be logged in to post a comment.