‘n Bekende stem is van 1 September weer op die luggolwe in Bloemfontein en daarmee saam spog Rosestad 100.6FM ook met ‘n splinternuwe uitsaairooster.
Manie Kitching sal van 1 September daagliks van 15:00 tot 18:00 saam met Ilde Roos in die ateljee wees.
Bernie Naude, Rosestad 100.6FM se bestuurder sê die nuwe rooster is ‘n belangrike stap vorentoe.
“Ons nuwe rooster verteenwoordig ’n nuwe hoofstuk vir Rosestad 100.6FM. Om Manie Kitching weer in Bloemfontein op die radio te hê, maak hierdie hoofstuk ekstra spesiaal. Ons weet daar is baie luisteraars wat sy stem gemis het, en ons is trots om hom terug te verwelkom.”
Hy sê Rosestad 100.6FM bly gefokus op sy rol as ’n gemeenskap radiostasie en op die belangrikheid daarvan om plaaslike luisteraars, besighede, organisasies en gemeenskappe met mekaar te verbind.
Lees ook: VIDEO: Rosestad FM spog met splinternuwe ateljee.
Die nuwe programmering is saamgestel met die doel om vir elke deel van die dag ’n eie identiteit en energie te skep – van die eerste koppie koffie in die oggend tot die middag se spitsverkeer.
Die nuwe weeksdag-rooster van 1 September lyk soos volg:
- 06:00 tot 09:00 – Armando Pieters en Jana Roos
- 09:00 tot 12:00 – Marius de Klerk
- 12:00 tot 15:00 – Enrico Klopper
- 15:00 tot 18:00 – Manie Kitching en Ilde Roos
- Saterdag van 18:00 tot 22:00 – Gerdie Karstens




