Oranje Toyota Bloemfontein se Toyota Knights het op Saterdag 20 Junie ‘n potjiekoskompetisie aangebied. Altesaam 24 spanne, waaronder vanuit afdelings van Oranje Toyota, het aan die kompetisie deelgeneem, waarin die topspanne pryse verower het.
Die span van Samba was Saterdag die wenner van Oranje Toyota se groot potjiekoskompetisie. Die wenspan is van links Thomas Traut, Matthew Uys, Olympia Makgetla (voor), Joalene Uys, Riana Wessels en Leoni Traut. FOTO’s: Lientjie Mentz
Die dag is aangebied deur die Toyota Knights, ‘n elite-groep werknemers binne die Toyota-groep wat liefdadigheidswerk en gemeenskapsopheffingwerk doen.
Al die potte se kos is ná die beoordeling aan minderbevoorregtes gaan uitdeel, deur organisasies wat in die gemeenskap werk doen. Ontvangers van die kos was Pieter se Hande vir Jesus, Guardian and Angel en Oranje Selfhelp se De Wet-huis.
Rudie, Leon de Vries (Automark Knight) en John Voster (Toyota F&I Knight).Anché de Bruyn (links, van BloemNuusExpress en beoordelaar) by personeel van Dr. Gerhard Reynecke se praktyk, wat ‘n gesamentlike derde plek met hul pot behaal het.Die manne van Supa Quick, wie se worspot in ‘n vetkoek of “bunny chow” vir hulle ‘n tweede plek besorg het.Rudie en Sanet het ‘n lieflike pot gemaak en daarmee ‘n gesamentlike derde plek behaal.Die span van Cartrack, wat ‘n prys gewen het vir hul vrolike uitrustings.Auto Amor se span het ‘n Springboktema vir hul stalletjie gekies.Die manne van Round Table 158 het heerlike potjiekos voorgesit.Die vriendelike span van MFC/Nedbank met een van die beoordelaars, Anché de Bruin (middel) van BloemNuusExpress.Lientjie Mentz en Anché de Bruin van BloemNuusExpress was die beoordelaars van die potjiekos. Hier is hulle by Sanet en Rudi se stalletjie met sy Portchie-tema.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.