Mandeladag is oor Bloemfontein gevier.
Laura Erlank van Slightly Nutty skep warm kos op vir behoeftige mense in Ehrlichpark. FOTO: LIentjie Mentz

Bloemfonteiners se hande oop vir Mandeladag

,
Mandeladag is oor Bloemfontein gevier.
Laura Erlank van Slightly Nutty skep warm kos op vir behoeftige mense in Ehrlichpark. FOTO: LIentjie Mentz

Talle organisasies het op Vrydag 17 Julie en Saterdag, Mandeladag, gemeenskapsprojekte onderneem om hul bydrae te lewer om hul medemens te help. Hier is ‘n paar van die projekte oor Bloemfontein heen wat die naweek plaasgevind het.

New Beginnings het Mandeladag gevier
Die dierewelsynsorganisasie New Beginnings het Mandeladag gevier met ‘n weeklange projek waarin besoekers saam met die honde kon gaan stap, met die katte kon speel of ‘n troeteldier aanneem. Daar was ook geleentheid om ‘n hond vir R200 per maand virtueel aan te neem. New Beginnings versorg die hond, en sy virtuele eienaar vir die maand kan enige tyd kom speel of die hond vir ‘n uitstappie neem. Hier by New Beginnings op Saterdag 18 Julie is van links Francis Pretorius, Natalie Kotze, Suzanne Peterson en Kirsten van Schalkwyk by Giselle, wat aangeneem kan word. FOTO: Lientjie Mentz
Die skoolbeheerliggaam van die Dr. Blok Sekondêre Skool
Die skoolbeheerliggaam van die Hoërskool Dr. Blok het op Saterdag 18 Julie ‘n opruiming by die skool se nuwe koshuis gereël. Hulle het die sypaadjie, asook as die terrein, skoongemaak en die gras netjies gesny voordat die skole Dinsdag geopen het. ‘n Groot groep ouers het die geleentheid bygewoon. Van links is Morakeng Moholo, Kunene Kwabana, Mishack Loggenberg (voorsitter), Zonisele Zweni (adjunkhoof) en Serahbele Motumi (waarnemende hoof). FOTO: Lientjie Mentz
Personeel van drie Sasol-vulstasies het Vrydag 10 Julie bederf-pakkies
Personeel van drie Sasol-vulstasies het op Vrydag 10 Julie bederf-pakkies met eetgoed, inkleurboeke, komberse en speelgoed gepak om dit aan 250 kinders in staatshospitale in die stad te gaan uitdeel. Hier by die pakkies, waarvan Sasol die inhoud vir R350 elk geborg het, is van links Maria Botipe, Puleng Mokopane, Tersius Smith (Sasol First Avenue), Michelle Gentles (manager Sasol Moshoeshoe), Tidimalo Moreeng (hoofkantoor), Anuschka Nel (Sasol Technikon) en Wepson Seister; agter is Rapaleng Mokone en Maria Sefali. FOTO: Lientjie Mentz
Genade in Aksie het Vrydag 17 Julie kospakkies, klere en 'n lekker warm ete vir 47 gesinne
Genade in Aksie het op Vrydag 17 Julie kospakkies, klere en ‘n warm ete elk vir 47 gesinne oorhandig. Van die borge en vrywilligers op die geleentheid is van links Pieter Erlank van The Buffalo en Slightly Nutty, Charlene Neethling, David Maartens, Lesley-Ann Meyer, Huldene Poolman (almal van Gransolar Group), Leoni Rothman en Maureen Oosthuizen. FOTO: Lientjie Mentz

LEES OOK: VIDEO: Gr. 11-leerder se kunswerk beeld vroue se kosbare handwerk uit.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article