Die Voortrekkers se Kettieklub het tydens die Vrystaat Kunstefees in Julie ‘n stalletjie beman waar mense met ‘n reuse-kettie kon skiet en meer oor kettieskiet kon leer.
Kettieskiet is ‘n amptelike sport van Die Voortrekkers waaraan kinders van verskillende kommando’s in die stad deelneem.

Geld wat tydens die fees ingesamel is, is onlangs op ‘n geselligheid aan die Jean Webber-huis oorhandig.
Benewens die R5 000 wat Die Voortrekkers se kettieklub oorhandig het, is ‘n spesiale kunswerk ook aan die Jean Webber-huis vir mense met gestremdhede oorhandig.
Op ‘n werksessie wat tydens die Vrystaat Kunstefees aangebied is – genaamd Pen, Passie en Proe – het deelnemers die geleentheid gekry om saam te werk aan die kunswerk.
Dié sessie is aangebied deur Jacobus Silwer, Nelmarie Oosthuysen van die A Peace of Art-winkel en Helet Marais van Let’s Crunch-spyseniering. Die kunswerke wat op die sessie gemaak is, is in een kunswerk saamgevoeg en aan Ntabiseng Molongwana, direkteur van die Vereniging vir Mense met Gestremdhede in die Vrystaat, oorhandig.
Die groep Voortrekkers het op die geleentheid die inwoners van Jean Webber bederf met lekker koek.







You must be logged in to post a comment.