Die kore van drie van Bloemfontein se meisieskole het uitgeblink in die ATKV-Applouskompetisie wat die afgelope paar dae in Kaapstad aangebied is.
ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in die land en is vanjaar ‘n 49ste keer aangebied. Daar het vanjaar 314 kore vir die kompetisie ingeskryf en die beste kore het van 29 Julie tot 1 Augusts in die Kaapstadse stadsaal teen mekaar meegeding.
Op die derde gala-aand op 31 Julie was die St Michael’s School for Girls die naaswenner in die Hoërskool-meriete-afdeling vir meisies.

Eunice High School en die Hoër Meisieskool Oranje het op 1 Augustus in hul afdelings aan die kompetisie deelgeneem. Eunice het uitgeblink met die beste uitvoering van ‘n voorgeskrewe werk, asook die beste uitvoering van ‘n Afrikaanse lied in die prestige-afdeling vir hoërskole. Die Vitae Cantamus-koor het ‘n Cum Laude-eerbewys met 91,98% behaal en was die naaswenner in die meisies hoërskool-prestige-afdeling.
Oranje se skoolkoor het ‘n goue eerbewys met ‘n gemiddeld van 88,8% in die kompetisie behaal.





You must be logged in to post a comment.