Carlé Greyling van Oranje is aangewys as die FBI se Skoolsjef van die Jaar 2026.
Carlé Greyling van Oranje is aangewys as die FBI se Skoolsjef van die Jaar 2026.

Vrystaatse skoolsjefs kook behoorlik in jaarlikse kompetisie

,

Carlé Greyling, ‘n matriekleerder van die Hoër Meisieskool Oranje, was die beste skoolsjef in die Food & Beverage Institute (FBI) se jaarlikse Skoolsjef van die jaar-kompetisie.

Dié kompetisie is vanjaar vir die 20ste keer aangebied en bied leerders ‘n voorsmakie van die erg mededingende kosbedryf. Leerders in Kimberley het Vrydag 31 Julie aan die kompetisie daar deelgeneem.

Leerders van Bloemfonteinse skole soos Martie du Plessis, een van die Hoër Meisieskool Oranje, drie leerders van die Hoërskool Fichardtpark, twee van die Hoërskool Hentie Cilliers in VIrginia sowel as ‘n leerder van die Hoërskool Vryburg het op Saterdag 1 Augustus aan die kompetisie deelgeneem.

Rudi Smit van die Hoërskool Fichardtpark met een van sy geregte wat hy vir die kompetisie voorberei het. FOTO: Verskaf
Rudi Smit van die Hoërskool Fichardtpark met een van sy geregte wat hy vir die kompetisie voorberei het. FOTO: Verskaf

Elke finalis moes ‘n vegetariese voorgereg en ‘n hoofgereg met Malu-varkfilet voorsit. Daar moes ook Lancewood-produkte in een van die twee geregte wees.

Pryse ter waarde van R425 000 was op die spel met al die finaliste wat ‘n studiebeurs ontvang het.

Carlé het nie net die kompetisie gewen nie, maar haar hoofgereg is ook as die beste van die dag aangewys. Sy het ‘n studiebeurs van R30 000 van FBI ontvang.

Tweede was Anneke Viljoen van die Martie du Plessis-skool. Sy het ‘n studiebeurs van R25 000 van FBI ontvang

Die derde plek het gegaan aan Rudi Smit van die Hoërskool Fichardtpark. Hy het ook die prys ontvang vir die beste higiëne in sy kosvoorbereiding. Hy het ‘n studiebeurs van R20 000 van FBI ontvang.

Die finaliste het elk studiebeurse ter waarde van R15 000 ontvang.

Debbie Nell, skoolhoof van die FBI, sê die leerders se geregte was besonder goed en die bediening was restaurant-gehalte.

“Die kompetisie is vir ons ‘n lekker geleentheid om leerders bloot te stel aan die kosbedryf,” het sy oor die naweek se geleenthede gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article