Bethlehem-atleet (15) se droom op internasionale vlak bewaarheid

Dehan Cilliers (15), graad 9 leerder aan Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het Suid-Afrika onlangs by die COSSASA-spele in Zimbabwe verteenwoordig. Hy het ’n sewende plek in die o.18-afdeling van die 1 500 m behaal. Foto: Verskaf
Dehan Cilliers (15)

Bethlehem-atleet (15) se droom op internasionale vlak bewaarheid


’n Droom het vir die 15-jarige Dehan Cilliers van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem waar geword toe hy onlangs die groen en goud van Suid-Afrika op die internasionale atletiekverhoog gedra het.

Dehan het die land tydens die COSSASA-spele in Zimbabwe verteenwoordig, waar hy teen van die beste jong atlete meegeding het. Die spele het van 31 Augustus tot 3 September plaasgevind.

Dié gr. 9-leerder het ’n merkwaardige sewende plek in die o.18-afdeling van die 1 500m behaal. Sy deelname vir die Suid-Afrikaanse span het gevolg ná ’n suksesvolle seisoen waarin hy hom as een van die belowendste middel en langafstandatlete gevestig het.

Dehan het vanjaar vier medaljes op nasionale vlak verower. Hy het in die 3000m by die ASA atletiekkampioenskappe ‘n  brons medalje verower. Hy het ook ’n silwermedalje in die 3000m asook die 1500m by die Suid-Afrikaanse skole atletiekkampioenskappe verower.

Dehan Cilliers het ’n besonder suksesvolle atletiekseisoen bekroon met sy insluiting in die Suid-Afrikaanse atletiekskolespan. Die jong middel- en langafstandatleet het vanjaar vier nasionale medaljes verower, terwyl sy pa en afrigter, Ebarnie Cilliers, ’n belangrike rol in sy ontwikkeling speel. Foto:Verskaf
Dehan Cilliers het ’n suksesvolle atletiekseisoen bekroon met sy insluiting in die Suid-Afrikaanse atletiekskolespan. FOTO: Verskaf

Die prestasie het sy plek in die Suid-Afrikaanse atletiekskolespan help verseker.  Dehan het sy suksesvolle seisoen verder bekroon toe hy ’n silwermedalje in die o.16-afdeling van die Atletiek Suid-Afrika-straatmyl verwerf het.  Agter Dehan se sukses staan sy pa en afrigter, Ebarnie Cilliers, wat hom reeds van jongs af afrig.  

Vir Dehan was die geleentheid om Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig die hoogtepunt van ’n seisoen waarin hy sy talent, deursettingsvermoë en liefde vir atletiek op die baan bewys het.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article