Die akteurs Eldon van der Merwe (Geelheks) en Mia van der Merwe (Liewe Heksie) in Liewe Heksie word 'gescam' is van 8 tot1 10 Julie te sien op die Vrystaat Kunstefees. FOTO: Gys Loubser
Die akteurs Eldon van der Merwe (Geelheks) en Mia van der Merwe (Liewe Heksie) in Liewe Heksie word ‘gescam’ is van 8 tot1 10 Julie te sien op die Vrystaat Kunstefees. FOTO: Gys Loubser

Heksie kuier op Vrystaat Kunstefees

,
Die akteurs Eldon van der Merwe (Geelheks) en Mia van der Merwe (Liewe Heksie) in Liewe Heksie word 'gescam' is van 8 tot1 10 Julie te sien op die Vrystaat Kunstefees. FOTO: Gys Loubser
Die akteurs Eldon van der Merwe (Geelheks) en Mia van der Merwe (Liewe Heksie) in Liewe Heksie word ‘gescam’ is van 8 tot1 10 Julie te sien op die Vrystaat Kunstefees. FOTO: Gys Loubser

Liewe Heksie word ‘gescam’ is ‘n prettige toneelstuk wat op die KKNK benoem is as beste kinderteaterstuk.

Dit is binnekort op die Vrystaat Kunstefees en oud en jonk kan maar naderstaan vir groot pret.

In vanjaar se produksie het ons eie Liewe Heksie ‘n prys in ‘n talentkompetisie gewen. Karel Kat wil haar leer om mooi na haar prysgeld te kyk. Haai oe, maar groot woorde soos finansies, rente en begrotings of is dit nou bekleinings, laat Levinia se kop draai.

Die akteurs Mia van der Merwe (Liewe Heksie) en Eldon van der Merwe (Koning Rosekrans) in Liewe Heksie word 'gescam' is van 8 tot 10 Julie te sien op die Vrystaat Kunstefees
Die akteurs Mia van der Merwe (Liewe Heksie) en Eldon van der Merwe (Koning Rosekrans) in Liewe Heksie word ‘gescam’ is van 8 tot 10 Julie te sien op die Vrystaat Kunstefees. FOTO: Gys Loubser

Karel begin deur vir Levinia ‘n spaarvarkie te gee, maar die nare Geelheks is altyd in die ronde en wil haar kloutjies op die geld kry. Karel besluit dat ‘n bankrekening met ‘n bankkaart veiliger sal wees, maar dalk nie vir Liewe Heksie nie. Want o wee, Levinia kan nie altyd so mooi onthou nie en syfers en tel is nie onder haar talente nie. As die Geelheks vir Heksie bel en voorgee dat sy die vrou van die bank is, begin die poppe dans of te wel die bankkaarte hop. Maats van drie tot honderd en drie, Liewe Heksie kort hulp sodat haar geld kan groei, nie verdwyn nie.

Die span agter Liewe Heksie word ‘gescam’ is die bekroonde en ervare jeug- en kinderteaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck as teksskrywer en regisseur en die akteurs is Eldon van der Merwe en Mia van der Merwe.

Die uitvoerende vervaardiger is Start The Conversation™ (STC) is ‘n geregistreerde openbare voordeelorganisasie in Suid-Afrika en ‘n wêreldwye silwer bekroonde YouTube-onderwyskanaal. Die hoofdoel van STC is om mense reg oor die wêreld heen in staat te stel om selfversekerde finansiële besluite te neem en sodoende langtermyn finansiële veerkragtigheid te bou.

Die vertonings is op 8 Julie om 14:00, 9 Julie om 09:00 en 10 Julie om 12:00 in die Creative Kilowatt Kopanong-ouditorium. Kaartjies is nou beskikbaar op webtickets.co.za.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article