Inwoners van Lourierpark het op Woensdag 10 Junie en Donderdag wéér in die vroeë oggendure motorbande gebrand om hul ontevredenheid te toon met die invloei van mense wat blyplek in die gebied langs die woonbuurt soek.
Die Mangaung-metro het glo 2 500 erwe uitgesit en dit sedert Saterdag aan mense toegeken.
Lees ook hier. WATCH| Mangaung celebrates high court judgement on Lourier Park development.
Vir dié erwe is daar blykbaar net 10 toilette en twee krane wat as “tydelike dienste” vir die nuwe intrekkers moet dien.

‘n Inwoner van Lourierpark wat ‘n huurplek het, sê sy naam is op die lys van die South African National Civic Organisation (Sanco), wat sou reël dat hul name op die lys is om erwe te kry, maar geen van die Sanco-aansoekers het nou ‘n erf gekry nie.
Talle inwoners van Lourierpark wat glo aansoek gedoen het volgens ‘n ooreenkoms met die uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het nie erwe gekry nie.
Lees ook: Residents deserve safe housing, says DA on High Court Ruling.
Een inwoner sê inwoners van dié woonbuurt is erg ontevrede met die ontwikkeling reg langsaan.
“Die mense hier bly in huise waarvoor hulle duur betaal het, nou kom sit die mense makoekoes hier op. Dit gaan die waarde van die huise baie afbring.”
‘n Man wat nie sy naam genoem wil hê nie, het Sondag gehoor hoe een van die ontvangers van die erwe sê dat hy twee persele ontvang het waar hy strukture gaan oprig en een as ‘n taverne gaan inrig en die ander as ‘n huis gaan verhuur.
Hy sê die mense wat hier kom erwe kry, het motors, huise elders en selfs werk.
Verbygangers het bevestig dat mense met luukse motors sedert die naweek hier aangekom het waar die toekenning van erwe plaasgevind het.






You must be logged in to post a comment.