Aarbeimousse is 'n verrassende nagereg vir jou Paastafel.
Aarbeimousse is ‘n verrassende nagereg vir jou Paastafel.

Verras jou gaste hierdie Paasnaweek met iets anders. Dié sagte, ligte en heerlike vars aarbeimousse is die ideale nagereg vir saamkuier hierdie langnaweek.

Aarbeimousse
Lewer 6–8 porsies

Aarbeimousse is die perfekte nagereg vir enige geleentheid.
Aarbeimousse is ‘n verrassende nagereg vir jou Paastafel.

Bestanddele

  • 10ml gelatien
  • 15ml water
  • 350g vars aarbeie, stingels verwyder en grof gekap
  • Ekstra aarbeie, vir opdiening
  • 1 blik ingedampte melk, oornag goed verkoel
  • 5ml vanieljegeursel
  • 100ml tot 150ml strooisuiker (na smaak)

Metode

1. Sprinkel die gelatien oor die water en laat staan totdat dit sponsagtig is. Verhit dit kortliks in die mikrogolfoond tot gesmelt en laat effens afkoel.

    2. Verpulp die aarbeie tot glad en druk dit deur ‘n sif om van die meeste pitjies ontslae te raak. Meng ‘n bietjie van die puree by die gelatien en roer dit dan terug by die res van die aarbeimengsel.

    3. Klits die koue ingedampte melk en vanieljegeursel saam tot lig en skuimerig. Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl jy aanhou klits, en pas die soetheid na smaak aan.

    4. Vou of klits die aarbei- en gelatienmengsel liggies by die melkmengsel in totdat dit goed gemeng en donsig is.

    5. Skep in individuele glase of bakkies en verkoel vir ongeveer 1 uur, of totdat dit gestol is.

    Voorsitwenk:
    Bedien goed verkoel, afgerond met vars aarbeie.

    Bron: Watertand resepte vir oud en jonk

    LEES OOK: Lê Paasnaweek weg aan dié wenresep vir Kaapse kerrievis

    You need to be Logged In to leave a comment.

    Gift this article