Bail has been refused to the alleged mastermind behind a brazen R7 million transformer theft
‘n Tienerseun van Warrenvale in Warrenton is die naweek dood in sy ouerhuis aangetref. Hy is vermoedelik vermoor.

WARRENTON – ‘n Geregtelike doodsondersoek ná die dood van ‘n 13-jarige seun van Warrenvale, Warrenton, word deur die provinsiale moord- en roofeenheid van die polisie in die Noord-Kaap gedoen.

Die polisie is op Saterdag 28 Februarie deur die seun se ouers in kennis gestel dat sy liggaam omstreeks 14:25 in die sitkamer van hul huis ontdek is, sê luitenant-kolonel Thabo Litabe, polisiewoordvoerder.

‘n Lykskouing om die oorsaak van sy dood te bepaal, is uitgevoer. Die uitslag en resultate is hangende en sal deel van die ondersoek vorm. Die Nasionale Vervolgingsgesag sal hiervolgens ‘n besluit neem. Geen inhegtenisnemings in verband met die voorval het al plaasgevind nie.

‘Verwoestende impak van dwelmverwante misdaad’

Intussen doen die Demokratiese Alliansie (DA) ‘n beroep op die Noord-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, om toe te sien dat diegene verantwoordelik vir die moord van dié 13-jarige aanspreeklik gehou word.

” ‘Jong seun van Warrenvale, Warrenton, met sy hele toekoms voor hom, is na bewering Saterdag in sy huis vermoor. Hy het glo op sy aanvaller of aanvallers afgekom en het sy lewe verloor vir ’n paar huishoudelike items wat na bewering verkoop is om dwelmmisbruik te befonds.

“Dit is nie net ’n verpletterende verlies vir sy familie nie, maar ook ’n wond wat deur die hele Warrenvale-gemeenskap gevoel word. Geen kind behoort ooit aan sulke wreedheid blootgestel te word nie,” lui die verklaring.

LEES OOK: Drie swaar gevonnis vir moord op Noord-Kaapse sakevrou

Dié misdaad beklemtoon weereens die verwoestende impak van dwelmverwante misdaad in ons gemeenskappe. Die misbruik van middels vernietig steeds lewens, skeur families uitmekaar en dryf gewelddadige misdaad.

“Ons veroordeel hierdie sinnelose daad ten sterkste en doen ’n beroep op wetstoepassingsowerhede om ’n deeglike, spoedige ondersoek te doen. Sy lewe het saak gemaak en sy dood mag nie tevergeefs wees nie. Ons gemeenskappe verdien veiligheid, en ons kinders verdien om sonder vrees groot te word,” sê Lisa Schickerling LP en provinsiale voorsitter.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article