Die Worcester Vryburgers Omgeemense het onlangs hul jaarlikse dinee gehou. Corniel Blom en Carene Gregg is die stuurman en stuurvrou met Riaan Engelbrecht as die inkomende stuurman.

Die Worcester Vryburgers het onlangs hul jaarlikse dinee gehou.

Die bestuurspan dien nog hul jaartermyn uit en bestaan uit Corniel Blom en Carene Gregg as stuurman en stuurvrou. Riaan Engelbrecht is die inkomende stuurman en Jan de Waal is die tesourier. Armand Swart en Elet de Waal is die webmeesters en Willa Nolte is die ritmeester.

Dié groep omgeemense het die afgelope jaar hard gewerk om geld in te samel om mense in nood in die gemeenskap te ondersteun.

“Danksy die volgehoue betrokkenheid en ruimhartigheid van die publiek, en ons ondersteuners kon ons hierdie afgelope jaareinde ruim skenkings maak,” het Blom gesê.

Die instansies wat skenkings ontvang het, is onder meer ouetehuise, kinderhuise, ‘n vroueskuiling, gestremde kinders, die Instituut vir Dowes-kerk, Bybelverspreidingsorganisasies en voedingskemas.

“Dit is vir die Worcester Vryburgers Omgeemense ‘n groot voorreg om op hierdie manier ‘n verskil te kan maak in die lewe van mense in nood. Die organisasie glo dat samewerking en omgee die hart van ‘n sterk gemeenskap vorm, en sien daarna uit om voort te gaan met projekte wat hoop bring,” het Blom gesê.

Die jaarlikse dinee van die Worcester Vryburgers Omgeemense was ‘n glansgeleentheid met lede wat ‘n jaar se harde werk gevier het.
House of Hope was een van die begunstigdes wat ‘n skenking van die Worcester Vryburgers ontvang het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article