Die nuwe bestuur van die Worcester Villagers is agter Jonathan Langley, Stephan Neethling, Thomas Jacobs, Randall Morgan, Anthony Kouter, Hendrick Neethling en Daniel Goedeman. Voor is Ann Johnson, Piet Hermanis, John Vergotine, Denver Olsen (bestuurslid van Boland wat die verkiesing namens Boland behartig het), Zakirieyah Don en Clive Thomas.

Met die 2026-rugbyseisoen in die Boland wat na alle waarskynlikheid op 7 Maart begin, het Worcester Villagers ook sy nuwe bestuur, wat hy in die 2026-’27- seisoen moet lei, gekies. Die meeste van die vorige bestuur, met enkele uitsonderings, is herkies.

Dit sluit in John Vergotine, wat as voorsitter herkies is, met Zakirieyah Don as sy adjunk. Piet Hermanis is as sekretaris herkies. Stephan Neethling is sy hulp-sekretaris. Clive Thomas is as tesourier herkies om die klub se geldsake te bestuur, met Randall Morgan as sy assistent. Anthony Kouter is vir nog ‘n termyn as klubkaptein herkies, met Thomas wat weer die rol van wedstryd-sekretaris sal vervul. Jonathan Langley en Hendrick Neethling is weer as die klub se trustees aangewys terwyl die vorige hulp-sekretaris, Ann Johnson, saam met Daniel Goedeman nou as addisionele lede aangewys is.

Met die nuwe bestuur nou verkies, is Worcester Villagers, of Villa, soos hulle in die volksmond bekend staan, gerat en slaggereed om die uitdagings wat die 2026-seisoen kan inhou, die hoof te bied. – Alver Uys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article