De Doorns Brand
Daar is twee brande in die De Doorns-omgewing.

Brandbestryders was die afgelope 24 uur druk besig om verskeie brande in die Hexriviervallei, tussen Worcester en Touwsrivier te probeer blus.

Aan die noordekant het ‘n brand in die Matroosberge vanaf die Witzenberg-kant af oorgekom. Dit was moeilik om te blus in die rotsagtige berggebiede.

“Brand- en grondspanne het die deurnag aan die brandlyne gewerk en kon die regterflank vroeg vanoggend beveilig. Die linkerflank, geleë in die omgewing van die Roode Elsberg-dam, hoog in die kloof bokant die Sandrifkloofrivier, het steeds gesmeul terwyl dit in ’n baie rotsagtige en moeilik-bereikbare gebied inbeweeg het,” het Jo-Anne Otto van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gesê.

’n Tweede brand woed bo die woonbuurt Stofland aan die suidekant van De Doorns. KWDM-spanne en drie NCC-spanne is tans besig om daardie lyn te beheer.

Die toestande is uiters warm.

Geen eiendom word op hierdie stadium bedreig nie, maar daar is kommer dat die wind die situasie kan bemoeilik.

Video: KWDM-brandweerbeampte – Heinrick Strumpher

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article