‘n Verdagte het hom die afgelope Vrydag (2 Mei) aan die Worcester-polisie oorgegee nadat hy glo ‘n man in Roodewal doodgesteek het.
AO Vathiswa Jacobs, ‘n woordvoerder van die Worcester-polisie, het gesê die polisiebeampte wat op die noodroep reageer het, het die 32-jarige McNeil Baartman in ‘n oop stuk veld op die hoek van Neethling- en Springveldtstrate gekry waar hy op sy linkersy gelê het.
Hy het steekwonde gehad en was reeds oorlede. Baartman woon daar naby.
Terwyl die beampte die toneel afgesper het, het ‘n ooggetuie hom genader en gesê dat die verdagte reeds weg is met die moordwapen. Hy was blykbaar dadelik op pad na die polisiestasie om homself oor te gee. Die verdagte het reeds in die hof verskyn. Sy volgende verskyning is op Maandag 12 Mei.



