Die Donkie Republiek, die HTS Drostdy se oudskoliere en ondersteunersklub, het verlede Vrydag (15 Mei) weer hul jaarlikse gholfdag aangebied.
Met 34 4-balle, talle natgate, reuse borge en ywerige ondersteuners bedank die organiseerders elkeen wat hierdie dag ondersteun het en saam hard gewerk het om dit ‘n reuse sukses te maak.
Die gholfdag word jaarliks gehou as ‘n geldinsamelingsinisiatief vir die skool.
“Baie geluk aan elkeen wat gewen het. Ons is werklik dankbaar vir nog ‘n suksesvolle gholfdag agter die rug en sien daarna uit om volgende jaar weer so te maak, skryf die Donkie Republiek op sy Facebook-blad.
Belangstellendes wat betrokke wil raak by volgende jaar se gholfdag word aangemoedig om die Donkie Republiek se sosiale media dop te hou vir inligting.
































You must be logged in to post a comment.