Paul Marais
Die lofsang-konsert word aangebied om fondse in te samel om Paul Marais, wat verlede jaar sy been in ‘n motorongeluk verloor het, weer te help loop.

Insameling hoop om man weer te laat loop

Paul Marais
Die lofsang-konsert word aangebied om fondse in te samel om Paul Marais, wat verlede jaar sy been in ‘n motorongeluk verloor het, weer te help loop.

 ‘n Lofsang-konsert word môreaand aangebied om fondse in te samel om Paul Marais, wat verlede jaar sy been in ‘n motorongeluk verloor het, te help om weer te kan loop met behulp van ‘n prostese.

Chané Beeselaar en Cheswill Levendal sal die aanbidding lei saam met die lofsangspan van die Last Days Family Church.

Die 27-jarige Marais was in November verlede jaar in ‘n motorfietsongeluk nadat ‘n motor voor hom ‘n u-draai gemaak het. Hy het ernstige beserings opgedoen en die dokters moes noodgedwone sy een been amputeer om sy lewe te red. Hoewel hy weer begin werk het, kan hy sy werk slegs gedeeltelik doen, tot hy weer kan loop.

Marais, wat voorheen in Worcester gewoon het, bly nou in Robertson saam met sy vrou Kelly-Ann. Die jong egpaar is in 2024 getroud.  

Die konsert vind plaas op Woensdag, 24 Junie in die Worcester-stadsaal. Dit begin om 18:15 vir 18:30. Die toegangsfooi is R50 en kinders jonger as twaalf jaar oud kry gratis toegang. Om te bespreek skakel 064 651 0791 of stuur ‘n Whatsapp na 066 195 0878. 

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article