Een-uur-uitdaging
Die trofee waarmee die wenspan ná die uitdaging sal wegstap.

Worcester Arbeidsbediening (WAB) nooi die Vallei se mense uit na hul vierde Een-uur-uitdaging op Donderdag 19 Maart van 17:30 tot 19:00 by De la Bat Skool se rugbyveld.

Spanne van vyf lede elk stap of draf vir een uur om ‘n 1 km-roete en elke span skat hoe ver hulle as span in een uur sal vorder. Die span of atleet wat die naaste aan korrek is, is die wenner.

Verlede jaar het 20 spanne met name soos Die Jolliebokke, Dapperstappers, Die Rooirakkers, Die Remskoene en Ace the Space deelgeneem.

WAB ondersteun Christen-gelowiges in hulle werksplekke. Vrywilligers besoek besighede en instansies volgens ‘n diensrooster en bring gemiddeld 130 boodskappe per maand by 130 besoekpunte wat deur sowat 1 700 mense bygewoon word.

Skryf kollegas, vriende, kinders en families in en kom geniet die geleentheid.

Vir navrae, kontak Kobus van den Bergh by arbeid8@gmail.com of 082 459 6316.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article