Die Worcesterse Arbeidsbediening bestaan uit vrywilligers wat verteenwoordigend van verskillende Christelike gemeentes is en bring die Evangelie van Jesus Christus en bemoedigende boodskappe aan mense by hulle werksplek. Dit geskied een tot vier keer per maand en duur net 15 minute.

Vandat Arbeidsbediening weer op 1 Julie 2022 tot 31 Maart 2023 begin het, wil hulle graag hierdie inligting en statistiek deel:. Die aantal sakeondernemings het van 24 tot 52 toegeneem.. Die hoeveelheid besoekpunte per maand het van 41 tot 104 toegeneem.. Die aantal vrywilligers (bedienaars) het van 11 tot 31 toegeneem.. Die algehele aantal boodskappe wat die bedienaars van Julie tot Maart gebring het, is 587.. Die algehele aantal mense wat met hierdie boodskappe en evangelie (net daar waar hulle werk) bedien is, kom op 10 228 te staan.. Die bedienaars het ook begin om Dowe mense by hul werksplek te bedien danksy van ons bedienaars, wat gebaretaal magtig is, en gaan eersdaags ook bedienaars gebruik wat self doof is.. Die Worcester-arbeidsbediening spreek ook sy dank uit teenoor die werkgewers en bestuurders van sakeondernemings en ander instansies wat hul personeel beskikbaar stel. Die Arbeidsbediening kry verskillende getuienisse van mense wat getuig van die invloed en betekenis van wat die bediening en boodskappe op hul lewens het. Net so getuig werkgewers ook wat personeel vir hulle sê ’n bepaalde boodskap op ’n bepaalde oggend en dag vir hulle beteken het en heelwat mense kry dit net by die werksplek.. Lesers wat nog inligting oor Worcester-arbeidsbediening wil hê of graag van die Arbeidsbediening deel wil word, kan ’n e-pos-navraag aan Kobus van den Bergh by arbeid8@gmail.com stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article