Skok ná drie mans van Worcester in hof verskyn ná ‘aanrandings’


Enrico Claassen

‘n Onderwyser, polisiebeampte en sielkundige van Worcester is almal uit op borgtog nadat hulle vroeër op onderskeie klagte van seksuele aanranding in hegtenis geneem is.

Volgens AO Vathiswa Jacobs, ‘n polisiewoordvoerder, het die beweerde seksuele aanranding waarby die 65-jarige onderwyser betrek word op 21 Oktober omstreeks 10:40 by ‘n hoërskool in Worcester plaasgevind. Die klaagster is ‘n 16-jarige leerder. Die voorval is op 22 Oktober by die polisie aangemeld. Die onderwyser het op 29 Oktober in die Worcester-landdros­hof verskyn. Die saak is tot 10 Desember uitgestel. Hy is tans uit op borgtog.

LEES OOK: Afgetrede Worcesterse onderwyser uit op borgtog ná seksklag

• Volgens kapt. FC van Wyk, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, is ‘n polisiebeampte verbonde aan die Worcester-polisie op 31 Oktober in hegtenis geneem. Van Wyk sê die beweerde seksuele aanranding het op 12 Oktober omstreeks 23:30 by die Worcester-polisieselle plaasgevind. Dit is op 22 Oktober by die polisie aangemeld. Die beskuldigde het op 3 November in verband met die voorval in die Worcester-landdroshof verskyn. Sy volgende hofverskyning is op 12 November. Die man is tans uit op borgtog.

• In nog ‘n voorval is ‘n sielkundige van Worcester op 30 Oktober in hegtenis geneem – ook op ‘n klag van seksuele aanranding. Volgens Jacobs het die beweerde voorval op 3 Maart om 10:00 by ‘n rehabilitasiesentrum in Worcester plaasgevind. Die klaer is ‘n pasiënt. Jacobs sê die voorval is op 23 Julie by die polisie aangemeld. Die beskuldigde het op 31 Oktober in die hof verskyn. Die saak is uitgestel tot 3 Desember. Die beskuldigde is ook uit op borgtog.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article