Die eerste Reënboog’Loop
Die ‘Loop is aangebied deur Worcester-Noord Primêre Skool. Sowat 500 entoesiastiese deelnemers het die Vallei in ’n ontploffing van kleur toegesak.
Die roete het oor sowat vyf kilometer deur pragtige natuurskoon gestrek. Die skool beoog om dit ’n jaarlikse instelling te maak.





