Primrose en De Doorns United het mekaar Saterdag (16 Augustus) in die Esselenpark-stadion die stryd aangesê.
Primrose het afgeskop met De Doorns vinnig om te ontvang en hul kanse binne die eerste minuut in punte om te skep met ‘n onverdoelde drie (telling 5-0). Hierna reageer Primrose egter onmiddellik en hou D.D.U. in sy 22-meter-gebied, maar D.D.U. kry ‘n strafskop en soek die kantlyn op.
D.D.U. wen die lynstaan en val weer aan met Primrose wat moet keer vir ‘n vale, maar die damwal breek en D.D.U. druk sy tweede onverdoelde drie (telling 10-0 vir D.D.U.).
Primrose kry egter ‘n strafskop, maar kan dit nie suksesvol deurvoer nie (die telling dus 10-0 vir D.D.U.).
Primrose maak egter seker toe hy die bal kry en die vleuel Shaun Dillow gaan druk ‘n onverdoelde drie (telling 10-5 vir D.D.U.), maar weer gaan druk D.D.U. ‘n verdoelde drie toe Primrose teen ‘n verdediger vasskop. Die telling word 17-5 in die guns van D.D.U.
Primrose begin verwoed aanval, maar te veel foute word gemaak en D.D.U. buit dit uit, maar slaag nie daarin om verdere punte voor rustyd op die telbord te kry nie.
Ná halftyd skop D.D.U. af met Primrose wat ontvang. D.D.U. neem die bal af en weer gaan kuier hy onder die pale om sy bonusdrie te beklink (telling 22-5 vir D.D.U.).
D.D.U. skakel oor na ‘n hoër rat en begin die een aanval ná die ander, waarvoor Primrose eers geen antwoorde het nie, maar dan breek sy slot Johaine Fransman deur en gaan druk ‘n drie wat deur die senter, Wilvid Philander, verdoel word om die telling na 22-12 vir D.D.U. te neem.
Ten spyte van die goeie terugvegpoging van Primrose het D.D.U. die wedstryd met ‘n oortuigende 36-24 gewen. – Boetie Hattingh



