Robertson maak hom reg om sy eie Romeo en Juliet-verhaal, Old Righteous Blues, tuis op die grootskerm te kyk.
Kry jou kaartjies betyds en verdiep jou in ‘n verhaal met sy wortels diep in die plaaslike gemeenskap en die tradisie van Kersfeeskore.
Dié rolprent, Suid-Afrika se inskrywing vir die Academy-toekennings in die afdeling vir internasionale rolprente, vertel die storie van ‘n gemeenskap wat in twee geskeur is in ‘n jarelange vete nadat die Old Righteous Blues-koor in twee geskeur het. ‘n Ambisieuse jong man stamp koppe met sy Kersfeeskoor se leiers, wat vasklou aan die verlede. Om dinge verder te bemoeilik, is die liefde van dié jong man se lewe die dogter van die gehate opposisiekoor se leier.
Die draaiboek is geskryf deur Carol Shore, ‘n inwoner van Robertson.

Dit word Sondag 27 April van 18:00 tot 20:30 by die Callie de Wet-sportterrein vertoon. Kaartjies vir sitplekke op die pawiljoen kos R35 en besoekers kan hul eie kussings en komberse bring. Die kaartjies is beskikbaar by Robertson se Pick n Pay en die Robertson-toerismekantoor.
Die koste vir BBP-kaartjies is R100 en besoekers sal in ‘n afgebakende gebied voor die skerm sit. Hulle kan hul eie kampstoele, komberse en piekniekmandjies bring. BBP-kaartjies is slegs by die toerismekantoor beskikbaar.
• Kinders jonger as 13 moet deur ‘n volwassene vergesel word en toegang vir kinders jonger as ses is gratis.





You must be logged in to post a comment.