Just Property bied vandeesweek ’n bekoorlike verrassing in die gewilde woonbuurt Panorama.

Hierdie eksklusiewe alleenmandaat is die onthaler se droom. Dit beskik oor ’n ruim onthaallokaal met ’n binnebraai wat lei na ’n beskutte gedeelte – ideaal vir buite-onthaal – en ’n sprankelswembad.

Die gesellige braaikamer het ook sy eie gastebadkamer.

Hierdie woning het vier slaapkamers met ’n besonder ruim hoofslaapkamer wat beskik oor ’n aantrekkamer en moderne badkamer. Hierdie badkamer het ’n bad, stort, wasbak en toilet. Die gasteslaapkamer het sy eie badkamer.

Die pragtige, gedeeltelike oopplan-kombuis spog met ’n duursame gasstoof en aparte opwaskamer.

Die erf se grootte is 1 039 m² met ’n kindervriendelike tuin.

“Meneer die koper – agter elke suksesvolle man staan ’n vrou! Bederf haar met hierdie huis! Dit is ’n moet-sien-woning!”

Bel Johan by 083 983 9488.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article