Grondbeurs Eiendomsagente bied eksklusief vandeesweek ’n besonderse netjiese gesinswoning in die hartjie van Paglande te koop aan.

Hierdie dubbelverdiepingwoning is binne loopafstand van Laerskool Worcester-Oos en die sakekern van Worcester.

Die woning bied meer as genoeg ruimte met vier ruim slaapkamers met ingeboude kaste, ’n studeerkamer wat ook kan dien as ’n vyfde slaapkamer en drie badkamers.

Een van die twee boonste slaapkamers beskik oor ’n balkon.

Voorts is daar ’n goed ingerigte oopplankombuis met ’n aparte waskamer. Die sitkamer asook die aparte eetkamer is aangrensend aan die kombuis. Die ruim braai- en leefarea het toegang tot die gevestigde tuinarea en buitestoep. Die swembad is ’n absolute bonus.

Hierdie gerieflike woning spog ook met ’n ruim dubbelmotorhuis en werkswinkel, met ’n badkamer aan die agterkant van die motorhuis.

Kontak Stefanie by 079 697 8768, 023 342 7890 of stefanie@grondbeurs.co.za om hierdie besondere woning te besigtig

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article