Die Laerskool Wynland het groot planne – die skool bied eersdaags sy eerste Uilefees aan en dit beloof groot pret te wees.

Die fees vind op Saterdag 27 September plaas en begin met ‘n Colour Run-pretstap vir alle ouderdomme. Lekker pryse is in dié vrolike item op die spel.

‘n Touchies-rugbytoernooi word gehou vir spelers ouer as 18 jaar wat wil wys dat hulle goeie raakrugby kan speel. Wie is die distrik se kampioen? Dit is goeie opwarming voordat almal later na die Springbokke se wedstryd op televisie kan kyk.

Kindervermaak sal ook aan die orde van die dag wees wees vir die ouderdomsgroepe vier tot ses en sewe tot 13 jaar.

Besoekers kan uitsien na die kulkunstenaar Regardt Laubscher, wat oud en jonk sal vermaak. ‘n Treintjie sal op die terrein rondry en ‘n slang- en reptielvertoning word gehou. Die sangeresse Chelsy Williams en Melissa Jane tree op en Hirome Shigeaki, ‘n Die Brug-wenner, vertel meer van sy ervaring. Laerskool Wynland se Fusion-dansgroep sal wys hoekom hy goud by feeste gewen het en 2Unique tree ook op.

Die toegangsfooi is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Diegene wat vir die Colour Run inskryf, kry gratis toegang tot die fees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article