Moenie die pret misloop by die Laerskool Worcester-Oos se Beesloop nie.Foto:

Beesloop beloof pret en plesier


Die Laerskool Worcester-Oos hou môre (10 Maart) weer sy gewilde Beesloop op die skoolterrein. Die byeenkoms vind van 13:30 tot 21:00 plaas.

Dit is die 23ste Beesloop waarna Breedevalleiers kan uitsien. Die aktiwiteite sluit in:

  • 7’s rugby- en Fast 5-netbal-wedstryde;
  • Kleuterkokkompetisie;
  • Optrede deur ’n gaskunstenaar;
  • Bekendmaking van die lootjiewenners waar die “bees” die wenners bepaal;
  • Die gewilde maanloop wat die aand aangebied word en waar stappers/drawwers om die rugbyveld kyk hoeveel rondtes hulle kan voltooi;
  • Daar is ook ’n hindernisbaan vir die avonturiers en ’n wyntuin; en
  • Voetgangers kan uitsien na kosstalletjies en kinderaktiwiteite.

McDonalds borg die sportdrag van Worcester-Oos se eerste spanne vir hokkie, netbal en rugby.

Hulle speel by die Beesloop vir die eerste keer daarin.

Kaartjies is beskikbaar by die skool vanaf 13:00 teen R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.

Kaartjies vir die Beesloop is ook beskikbaar teen R15 elk.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article