In die Langeberg-afdeling van die Grootuitdaagkompetisie raak dinge nou meer as net opwindend, met veral Montagu-klub (Hou by die Blou) wat ná sy nederlaag teen Rawsonville op Hoffiepark nie nog ‘n verloorslag kan bekostig nie.
Hou by die Blou kom komende Saterdag (12 Julie) in die King Edward-stadion in Montagu teen Touwpark te staan. Touwpark moes verlede Saterdag ook ‘n pak vat toe Ashton United hom in Ashton geklop het.
Worcester Villa (of net Villa) speel Saterdag op sy tuisveld, Bolandpark, teen Swellendam wat verlede week met sy bure, Young Hamiltons (Hammies), afgereken het.
In Robertson is dit derbytyd wanneer die twee plaaslike spanne, die voorlopers Robertson Town en sy bure Rangers (Never Die), gaan kragte meet.
Rangers, wat verlede Saterdag 50-12 deur Villa afgeransel is, sal Saterdag wil wys dat hy beslis nie sommer teen sy bure gaan handdoek ingooi nie.
McGregor gaan op sy tuisveld kragte meet met Villagers Montagu (Sesduim).
Blue Birds van Bonnievale, Ashton, Hammies en Rawsonville geniet almal Saterdag ‘n welkome blaaskans wat hulle tyd gee om te beplan.
In die Streekuitdaag-kompetisie (Breërivier-afdeling) speel Overhex Saterdag tuis teen Villagers Breërivier.
Goudini ontvang Saterdag besoek van Laingsburg.
Proteas (Prouks) speel Saterdag tuis teen Primroses.
Klipdrift ontvang Saterdag besoek van De Doorns United.
Mountain Stars ontvang Saterdag besoek van die voorlopers, Alberts.
Worcester Perseverance (Persies) ontvang Saterdag besoek van Orchard, wat ‘n goeie wedstryd kan wees. – Alver Uys





