Alle kaartjies vir die 1980’s musiekblyspel Golden Oldies wat op 5 November in die stadsaal aangebied word, is uitverkoop.
Die legendariese Deon Kleynhans is een van die kunstenaars wat die gehoor sal trakteer in die musiekblyspel, wat gehou word ten bate van die Worcester Muslim-ondersteuningsgroep.
Organiseerders bedank die gemeenskap vir hul belangstelling en ondersteuning.




