Het jy ’n vriendin wat ’n bietjie vaal en moeg lyk? Ken jy iemand wat ’n groot bederf verdien?

Nomineer haar dan vir Standard se oormaaksessie ter waarde van R8 350 in totaal!

Skryf ’n motiveringsbrief van ongeveer 80 woorde oor hoekom jy dink jou vriendin die oormaaksessie verdien.

Bring ’n vollengtefoto van haar, asook R50 inskryfgeld, na Standard se kantoor by Hoogstraat 116. Die kompetisie sluit 24 November.

  • Pryse sluit in geskenkbewyse van Dischem (grimering en ’n geskenkpak van R2000), Beauty’s Zone (pedikuur van R170), Being Beautiful (behandelings van R3 360), Fabio Julies Photography (fotosessie van R500), Golden Valley Casino (een aand gratis verblyf van R1 000), Upper Cut-haarsalon (was, behandeling en droogblaas van R250) en Viljoen Juweliers (geskenkbewys van R700). Klere en bykomstighede word verskaf deur Nelia B.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article