Jong onderwysstudent doodgemartel in De Doorns


DE DOORNS – ’n Negentienjarige onderwysstudent van De Doorns se lewe is op die vooraand van die 16 Dae van Aktivisme van geen geweld teenoor vroue en kinders wreed kortgeknip toe ’n nabye vriend haar na bewering met ’n elektriese koord doodgemartel het.

Die oorledene is Jamie-Lee de Bruyn van die Ghost Town- informele nedersetting in Stofland, De Doorns.

LEES OOK: Geestesgesondheidsdag spreek kwessies aan soos angs, geweld

Sy was ten tyde van haar dood ’n eerstejaarstudent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van tegnologie (KSUT) se kampus in Wellington.

Jamie-Lee se vermeende aanvaller (21) het Dinsdag (4 November) in verband met die voorval in die Worcester-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 10 November uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding.

’n Handvol verteenwoordigers van die Women op Farms-project het Dinsdag (4 November) ’n vreedsame betoging voor die Worcester-landdroshof se gebou gehou.

Hulle het plakkate omhoog gehou wat onder meer lui ā€œ#Justice for Jamie-Leeā€, ā€œNo Bailā€, ā€œNo bail for Women Abuser and murdererā€, ā€œNo bail for Jamie-Lee murder!! Justiceā€.

vreemdsame betoging voor hof in Jamie-Lee de Bruin saak
‘n Groep vroue van die plaaswerkersorganisasie Women op Farms het Dinsdagoggend, 4 November, ‘n vreedsame plakaatbetoging voor die Worcester-landdroshof gou en gepleit dat borgtog aan Jamie-Lee de Bruyn se vermeende moordenaar geweier word.

De Bruyn se oom, Frikkie de Bruyn, vertel dat Jamie-Lee Vrydagaand (31 Oktober) – die aand van die beweerde voorval – afgesit het na haar vriend se huis op die plaas Pietie Meiring in De Doorns om hul vriendskap te beĆ«indig.

Volgens De Bruyn het ’n stryery glo tussen Jamie-Lee en die vriend uitgebreek, waarna hy hulle twee glo twee saam in ’n kamer toegesluit het.

Volgens hom het die vriend die volgende oggend glo aan ’n familielid van hom gesĆŖ Jamie-Lee “beweeg niks nie”.

De Bruyn sĆŖ ’n tweede familielid het ook kom ondersoek instel en gesĆŖ Jamie-Lee slaap.

Hy sĆŖ omstreeks tienuur het die huismense die ambulans ontbied omdat Jamie-Lee nie wakker geword het nie.

Volgens De Bruyn het paramedici sy susterskind op die toneel dood verklaar. Hy sĆŖ ’n voorlopige verslag dui daarop dat Jamie-Lee na bewering die heelnag – van kop tot toon – met ’n elektriese koord aangerand is.

Die houe het glo daartoe gelei dat sy na binne begin bloei het.

LEES OOK: ā€œSelf-Destructive Missionā€: Court hears why Rob Evans should remain behind bars

Volgens De Bruyn was Jamie-Lee se gesig erg vermink.

Hy vertel dat haar ma, Mekka, inmekaargesak het toe sy haar dogter se lyk moes gaan uitken.

Volgens De Bruyn is berading reeds vir Mekka gereƫl.

Jamie-Lee se tante Bettie Fortuin (65) beskryf haar as ’n sprankelende, lewenslustige kind.

Die begrafnisreƫlings is in hierdie stadium nog onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article