Huisbrand eis jong ma van Robertson

Dit is al wat oorgebly het van wyle Rosemarie Siebritz se wendyhuis nadat dit in ‘n brand verwoes is.

Huisbrand eis jong ma van Robertson

Dit is al wat oorgebly het van wyle Rosemarie Siebritz se wendyhuis nadat dit in ‘n brand verwoes is.

‘n Ma van Robertson het Sondag (11 Oktober) in die vroeë oggendure in ‘n vlammehel gesterf toe die wendyhuis waarin sy geslaap het onverklaarbaar begin brand het.

Die oorledene, Maronique Karelse van Nkqubela in Robertson, is die ma van ‘n sewejarige meisie.

Rosemarie Siebritz, in wie se wendy- huis die voorval plaasgevind het, sê sy en die oorledene was baie lank vriendinne.

Volgens Siebritz het sy, haar suster, Chante Karelse, en Maronique vroeër met familie en vriende in haar (Siebritz se) wendyhuis gekuier.

Siebritz sê op die Sondagoggend van die voorval het die kuiergeselskap voor sonsopkoms besluit om hul kuier by vriende – nie ver van waar sy woon nie – voort te sit.

Volgens Siebritz het sy Maronique – wat in ‘n stadium aan die slaap geraak het – wakker gemaak en gevra om saam met hulle te gaan.

Sy sê Maronique het haar meegedeel sy is moeg en dat sy (Maronique) vir haar later die oggend ‘n WhatsApp sou stuur.

Siebritz sê hulle was skaars weg van die huis toe een van haar vriende haar meedeel dat daar rook by haar woning uitborrel.

Sy en die vriende het onmiddellik na haar wendyhuis afgesit.

“Toe ons daar aankom, toe skree ek die heeltyd dat daar iemand in die wendy-

huis is. Die vlamme was baie hoog.”

Siebritz sê haar oupa, wat voor in die hoofhuis woon, het later vertel dat hy iemand vroeër uit die wendyhuis hoor gil het. Volgens haar het hy nie geweet

Maronique is in die wendyhuis nie.

Siebritz sê die polisie en brandweer was gou op die toneel.

Volgens haar is Maronique se lyk in haar kombuis naby haar yskas aange-

tref. Sy sê haar wendyhuis het tot op die grond afgebrand.

Volgens Siebritz het sy geen idee hoe die brand ontstaan het nie.

DP Lubbe, munisipale bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, sê die munisipaliteit se brandweer- en ramp- bestuursdienste het die brand in Desmond Tutu-straat binne sowat 20 minute geblus.

Sers. Wesley Twigg, ‘n polisiewoord-

voerder, sê Robertson-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat die liggaam van ‘n 21-jarige vrou tussen die puin gevind is. Hy sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek asook die oorsaak van die brand.

LEES OOK: Ma moet toekyk hoe vlamme seun neem in huisbrand wat vier se lewe eis

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article