Hierdie week se toonhuis is ’n goeie beginnershuis.

Dit is ’n netjiese tweeslaapkamertuiste. Elke kamer het ingeboude kaste.

Die huis bied ’n volledige badkamer bestaande uit ’n stort, bad, wasbak en toilet.

Die oopplanleefvertrek het ’n gesellige kaggeltjie vir koue wintersaande en, baie gerieflik, uit die kombuis loop ’n ruim binnebraaivertrek vir lekker somerkuiers.

Die erf is ook veilig omhein en bied ook ’n klein tuintjie en enkelmotorhuis. Vir sekuriteit is daar ’n alarm, diefwering en veiligheidshekke.

Vir besigtiging kontak Gideon by Seeff Eiendomme by 023 344 3291 of by 072 367 4502.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article