Die aflewering van die eerste elektriese transformator dek die tafel vir verdere ontwikkeling van die Transhex-behuisingsprojek in Worcester langs die Robertson-pad.
Die Breedevallei-munisipaliteit het op Woensdag (14 Mei) die eerste van twee 16 ton transformators ontvang.
Dié transformators is ontwerp om aan die verwagte elektriese behoeftes te voldoen van die behuisingsprojek wat sowat 8 000 wonings sal verskaf, insluitend 680 eenhede spesifiek vir sosiale behuising.
Die eerste 44 huise is reeds in 2023 aan inwoners oorhandig.
Die Breedevallei-munisipaliteit het gesê dat die twee transformator ‘n week later in ontvangs geneem sal word.

Wanneer die transformators in werking is, sal dit deel vorm van die algehele elektriese infrastruktuur wat die elektriese kapasiteit sal verhoog en meer huise in die omgewing kan bedien.
Dit sal bydrae tot die munisipaliteit se pogings ommeer volhoubare en inklusiewe woongebiede te vestig.
“Die transformator veseker dat die begunstigdes in hierdie behuisingsontwikkeling toegang tot veilige en betroubare kragtoevoer sal hê, ‘n basiese reg en die fondasie vir waardigheid,” het Heinrich Schreuder, die senior tegnikus in die munisipaliteit se elektriese dienste department, gesê.
Die tweede transformator sal, volgens die munisipaliteit, parallel met die bestaande infrastruktuur funksioneer, wat die elektriese netwerk sal versterk.
Daar word verwag dat die kontrakteur reeds verlede week met die aansluitingsproses sou begin het en die projek binne die komende paar maande sal afhandel.




You must be logged in to post a comment.