'n o.7A rugbyspeler van die Primêre Skool Worcester het verlede Saterdag (17 Mei) 'n baie mooi drie gedruk.
Die o.7A-bulletjies van die Primêre Skool Worcester het verlede Saterdag (17 Mei) hul alles gegee in hul wedstryd teen die Laerskool Lochnerhof in die Strand. Louis-Hendrik Boshoff en sy spanmaats se pragtige vlieënde drie is in tyd gevries deur Lirita Esterhuizen se kamera. Die Springbokdroom begin vroeg!

Die rugbyseisoen is in volle swang en by WPS, soos by ander laerskole, is die spelers van jongs af hard aan die speel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article