Hierdie groep vroiue het Vrydag-oggend voor die gebou van die Worcester-polisiekantoor bymekaar gekom en kerse aangesteek om hul ondersteuning te demonstreer aan onder meer die families van die nege vermoorde vroue wie se lyke die afgelope paar weke in Kemptonpark in Gauteng aangetref is. Foto: Enrico Claassen

Breedevallei vorm verenigde front teen moorde op nege vroue in Kemptonpark

Hierdie groep vroiue het Vrydag-oggend voor die gebou van die Worcester-polisiekantoor bymekaar gekom en kerse aangesteek om hul ondersteuning te demonstreer aan onder meer die families van die nege vermoorde vroue wie se lyke die afgelope paar weke in Kemptonpark in Gauteng aangetref is. Foto: Enrico Claassen

WORCESTER – ’n Handvol vroue geklee in swart het Vrydag (18 September) voor die gebou van die Worcester-polisiekantoor saamgetrek en kerse aangesteek om hul ondersteuning aan die families van die nege vermoorde vroue wie se lyke die afgelope paar weke in Kemptonpark in Gauteng aangetref is, te demonstreer.

Vroue van sover as Touwsrivier het die saamtrek bygewoon.

Bridget Soyolo ’n aktivis vir geslagsgebaseerde geweld, sê wat kommerwekkend is, is dat die aantal vrouelyke daagliks styg.

“Ons wil vir die families van die vermoorde vroue sê, hul pyn is ook ons pyn. Laat daardie families in rou ons stemme hoor en weet ons voel hulle pyn.

protes
Bridget Siyolo, ‘n aktivis vir geslagsgebaseerde geweld, spreek die vroue toe oor dié maatskaplike euwel. Foto: Enrico Claassen

“Hoe moes daardie families nie gevoel het nie toe die polisie aan hul deure kom klop en hulle meedeel ’n lyk is gevind en dat hulle dit moet kom uitken.

“Dit is pynlik wat hier besig is om te gebeur. Wat hartseer is, is dat die moordenaars nie opgespoor kan word nie. Ons het geen idee wie hulle is nie.

“Wat verder vreesaanjaend is, is dat hulle [die moordenaars] enige plek kan wees en ons bewegings dophou.

“As ons almal verenig, sal ons dit ten minste kan oorwin.”

Lees ook: Woman’s body found in Boksburg brings Ekurhuleni death toll to nine

Soylo het ook verwys na ’n voorval in Zwelethemba vroeër die maand toe ’n kerkleier na bewering ’n agtjarige meisie verkrag het.

Standard Breederivier Gazette het op 17 September breedvoerig hieroor berig.

“Ons leef in ’n era waar baie kinders deur enkelma’s grootgemaak word. Die kinders raak opgewonde sodra hulle ’n vaderfiguur in iemand soos byvoorbeeld ’n pastoor sien.

“Hoe is daardie kind veronderstel om te voel wanneer sy of hy deur daardie selfde persoon gemolesteer of verkrag word?”

Volgens Syolo het sy meer mense by vanoggend (18 September) se saamtrek verwag. Sy sê dit terwyl daar uber-bestuurders in Zwelethemba is wat aangebied het om die vroue gratis tot by die Worcester-polisiekantoor te vervoer.

protes
Vroue luister aandagtig na Bridget Siyolo (regs) terwyl sy hulle toespreek oor geslagsgebaseerde geweld. Foto: Enrico Claassen
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article